top of page

        DIE LEWE VAN A.T.PIERSON.

                                       1837-1911.

​

​

​

​

​

​

​

​

​

​

OPENBARING 3:8.

“Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.”

 

A.T.Pierson wa 'n Pastoor, Bybel leraar, Christelike skrywer, Bybel konferensie spreker en verdediger van die geloof. Hy was ook die leier van die morderne sending bewegings.

Arthur Tappan Pierson was gebore op 6 Maart 1837 in New York. Hy was gebore in 'n woonstel bokant die "Free Presbyterian" kerk van G.Finney.

Sy voorvader Abraham Pierson, 'n afgeskeide predikant en spreker van die "Trinity College" in Cambridge het aangekom in Plymouth, Massachusetts in 1639. hy het later tyd spandeer as 'n sendeling vir die Mohican Indians. Alhoewel sy bekende voorgangers 'n goeie naam nagelaat het en betrokke was met die stigting van beide die Yale en Princeton Universiteite was sy pa by sy geboorte 'n kassier en klerk vir Arthur Tappan 'n filantroop, anti-slaaf leier en organiseerder van die Finney Teater-kerk.

Alhoewel hy groot geword het in die Sondag skool en kerk aangeleenthede vanaf die ouderdom ses, en deur christen ouers opgevoed is, het hy eers op ouderdom 13 sy hart vir die Here gegee. Dit was nadat hy die huis verlaat het. Hy het op daardie stadium 'n koshuis skool bygewoon. Dit het gebeur tydens een van die Metodiste herlewings dienste.

Tydens sy inskrywing by Hamilton College in New York op die ouderdom van 16 het hy aangesluit by 'n gemeenskap forum wat daarop ingestel was om, om te gee. Op 'n stadium was hy aan gemoedig om by 'n groep met lae morele standaarde aan te sluit, om sodoende die groep te reformeer.

​

Sy antwoord was dat die Bybel is sy enigste maatstaf. Hy het daarby gehou dat alhoewel die Bybel hom aanmoedig om 'n invloed in sy gemeenskap te wees en die morele landskap te verander, dit hom nie aanmoedig om hand aan hand met die immoreel te wandel nie.

Na sy gradeplegtigheid by Hamilton in 1857 het hy aangesluit by 'n korserwatiewe skool, die Union Theological Seminary in New York.

As gevolg van sy ondervinding gedurende die herlewing in New York in 1857 het hy die volgende in sy dagboek geskryf.

 

(April 1, 1858):

"I am every night in the meeting for inquiry and feel that the experience is of incalculable value for me. I have just begun to realize the true worth of souls and the true secret of living near to Christ. Now I am constantly and perfectly happy. Christ manifests Himself to me very clearly and closely and I feel that 'for me to live is Christ and to die is gain.' [Philippians 1:21]. How sweet it is to do anything for Christ! How strange it is to be permitted to do anything for Him at all. I feel that I have been baptized by the Holy Spirit and am fully resolved never again to pass a day when I cannot feel at its close that I have done something for my Saviour."

 

Na die voltooiïng van sy studies by Union in 1860 het Pierson getrou met Sarah Frances Benedict. Daarna het hy 'n beroep aanvaar na die “First Congregational Church” van Binghamton in New York. Dit was die begin van 'n bediening by kerke dwarsoor Amerika, insluitende Detroit, Michigan,Indianapolis asook Fhilladelfia in Pennsylvania en daarna ook in Engeland. Pierson het gedoen dit wat hy die meeste geniet het – die skape van die Here gevoed. Hy het gedoen wat Paulus vir Timotheus aanbeveel het; “Doen die werk van 'n Evangelis”.

​

Hy het die voorreg gehad om gasheer te wees vir evangelis Major Daniel, W.Whittle in 1840-1901. Hy was ook gasheer vir Philip Bliss die singende evangelis in Detroit in 1874. Hierdie ondervindings het hom aangespoor om na meer “volheid” te soek in sy verhouding met God.

Sy preke, meer as 13000 en meer as 50 boeke en verskeie lesings het hom baie bekend gemaak in Amerika. Hy was ook 'n konsultant redakteur vir sy vriend C.I.Scofield vanaf 1843-1921, met die oorspronklike Scofield Studie Bybel. Hy was ook die auteur van die klassieke biografie van “George Mueller of Bristol" sy vriend en gebeds venoot vanaf 1878 tot met die dood van Mueller. Sommige ander geskrifte van Pierson is onder andere;

Godly Self-Control in 1909.

The Scriptures: God's Living Oracles in 1904. Hierdie boek was ook gedoen in herrinering aan Spurgeon.

Pierson wa sterk beïnvloed deur verskeie groot manne van God is sy sienswyse oor sekere aspekte. Hy was 'n ernstige “Post-Millenialist”. Hy het egter oor beweeg na 'n duidelike en sterk “Pre-Millenialist.” Hy het as te ware 'n wagter geword vir die wederkoms van Christus.

Hy het die volgende gesê;

 

"Mr. Muellerlistened patiently to my objections and then said, with his celestial smile: 'The only thing I can say is that none of your arguments are founded on Scripture. It makes no difference what wethink but what does God's Word say?' For ten days he came to my study every day and opened up the truth to me. Ever since that time I have been looking for the Lord's personal return and it has been the inspiration of my life" (excerpted from a biography by his son, Delavan Leonard Pierson, entitled "Arthur T. Pierson: A Spiritual Warrior, Mighty in the Scriptures; A Leader in the Modern Missionary Crusade" [1912], p. 143).

 

OPENBARING 1:7.

“Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”

 

Pierson se assosiasie met D. L. Moody en sy “Northfield” Konferensies was die kunsmis vir sy groeiende determinasie om die wêreld ge-evangeliseer te sien teen die jaar 1900. Hier word verwys na sy artikel: (“Can the World Be Evangelized in Twenty Years?" (1881), and in his best selling book, "The Crisis of Missions" (1886).)

 

In Julie 1886 het 250 studente by een gekom by Moodys Mt.Hermon skool om na die verskillende predikers te luister. Dit was egter die boodskap van Pierson “God's Providence in Modern Missions" wat die sterkste besoek was deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Dit was hier waar die nou bekende “Student Volunteer Movement” vir sending werk begin het. Teen 1911 het hierdie organisasie 5000 vrywillige sendelinge uit gestuur. Hierdie organisasie was gebore met die oorlogs roep “The evangelization of the world in this generation".

Alhoewel Pierson nie geglo het dat die wêreld gered sou wees teen 1900 nie, het hy geglo dat dit wel gevangeliseer sou wees. Van die selfde mening was manne soos A.B.Simpson met sy boek “The Gospel of the Kingdom" (1890).

In 1887 word Pierson die editor van die "The Missionary Review of the World", wat hy vir 13 jaar beklee het. Toe Spurgeon siek word met Brights siekte het hy vir Pierson gevra om vir hom in te staan. Spurgeon se onverwagse dood op 31ste Januarie 1892 het egter gemaak dat Pierson vir die volgende 2 jaar aan gebly het as die Pastoor van Metropolitan Tabernacle in London,

​

Op Februarie 1895 sterf A.J.Gordon 'n Amerikaanse Baptis, die mede redakteur van die “Missionary Review”. Hy was Pierson se beste vriend op aarde.

Pierson beveel aan dat Moody vir Andrew Murray van Suid Afrika en Pepploe uitnooi na die somer Northfield Bybel konferensie. Hierdie twee se invloed op Pierson was geweldig. Murray het gepreek oor geloof. Pierson het verklaar dat hy van daardie oomblik af in beweeg het die volheid van geloof. Sy verdiepte geestelike lewe het die gevolg dat hy minder klem begin lê het op uitlandse sendings en meer die klem begin lê het op die “Gees van Christus in die lewe en diens van die Christen”.

Die volgende jaar was Pierson self 'n spreker by die Keswick konferensie. As gevolg van sy verdieping in die christelike lewe skryf Pierson een van die diepste christelike boeke, "In Christ Jesus"

Op 13 Agustus 1910 was daar 'n vergadering te ere van A.T.Pierson by die Northfield konferensie. Op hierdie konferensie het Pierson sy afskeids boodskap gelewer.

Eers teen die einde van sy lewe het die leier van die “morderne sending uitreikings” die geleentheid gehad om die sendingveld te besoek. Dit was moontlik gemaak deur bydraes van sy vriende.

Op 19 Oktober 1910 het Dr.Pierson en sy vrou Frances met wie hy 50 jaar getroud was en sy sendeling dogter Mev. Curtis en hulle vriende Ralph Walker en die se vrou, gevaar van af Vancouver na Yokohama in Japan. Sy gesondheid was nie goed nie en na 'n maand in Japan vertrek hy na Seoul. Daar het hy voorsien in die behoeftes van die plaaslike sendelinge met die nodige fondse. Hy het hulle ook geestelik baie bemoedig. Hier het is hy sterk bemoedig deur die apostoliese karakter van die Koreanse kerk, hulle geloof en hulle opoffering vir die evangelie asook hulle honger na Bybelstudie. Hy het daar voorgeneem om sy invloed onder vriende by die huis te gebruik om hier skole te bou.

​

Hy kon nie persoonlik na hierdie projek omsien nie maar sy vriende het dit 'n werklikheid laat word en dit genoem “Arthur T. Pierson Bible School".

Omrede sy gesondheid so drasties agteruit gegaan het moes hy sy planne om na China en India te gaan, kortknip. Hy het terug gekeer oor San Francisco en eintlik weer tuis gekom in Brooklyn, New York.

Tot aan die einde van sy lewe was hy aktief. Twee dae voor sy sterfte het hy nog proeflees gedoen wat twee maande later gebruik was. Die woorde wat hy gedurig tydens sy laaste dae geprewel het was; "That we might be partakers of His holiness"

Op die 3de Junie 1911 het Arthur T.Pierson sy aardese lewe voltooi. Die oggend na sy dood het sy kleinseun van ses jaar oud en sy naamgenoot die volgende gesê;

“Mother, I had such a beautiful dream last night. I dreamed that I saw steps going up into heaven. It was all gold up there. Oh, it was very beautiful, mother.'

'Did you see anyone you knew?' his mother asked.

'Yes, I saw the Lord Jesus.'

'Did you see anyone else you knew?'

'No, I don't think so, mother.'

'But some one did go yesterday into heaven to be with the Lord Jesus. Some one whom you love and who loves you very much.'

'Who was it, mother-- was it-- was it grandpa?”

Die hele dag het hy sy maatjies vertel dat sy oupa in die hemel is en loop op die goue trappe van sy droom.

Hierdie droom het die pyn van die dood weg geneem en vreugde gebring by almal wat agter gebly het.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page