top of page

        Aimee Semple McPherson

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

INSTRUMENT IN DIE HAND VAN DIE HERE.

 

Dwarsdeur haar bediening het sy oor en oor die dramatiese storie vertel van haar lewe, onder die titel “From Milkpail to Pulpit”. Duisende het haar gehoor vertel van haar Metodiste vader en “Salvation Army” moeder. Asook haar lewe in die 1890s op hulle klein hoewe naby Ingersoll, Ontario, Kanada. Gehore was verwonder deur haar verhouding en later troue met Robert Semple, 'n Skots-Ierse evangelis, en hulle sending werk in Hong Kong. Toehoorders het haar pyn ondervind wanneer sy vertel van Robert se ontydige dood deur malaria in 1910. Haar roeping is bevestig met die dood van haar man. Van daardie oomblik af was sy ywerige bereid om vir Jesus te werk op enige manier moontlik. In die begin het sy gehelp om tente op te slaan vir tent dienste. Na die dienste het sy ure lank gebid saam met siele wat die Here nodig het. Tussendeur was sy ook betrokke met die uitdeel van kos en klere aan die behoeftiges. Sy was ook betrokke in debatte met atheiste. Haar gehore het gesimpatiseer met haar oor die vervolging en beswaddering wat sy moes verduur. Deur hierdie verhale het sy die onggeredde genooi om gered te word en hulle lewens aan Christus te gee. Sy het haar bediening begin in 'n tydperk waar die hoofstroom Christelike gemeenskap die Pinkster gelowiges geminag het. In daardie tydperk het sy die bekendste evangelis in Noord America geword. Mense van verskillende denominasies het haar dienste bygewoon. Op 1 Januarie 1923 open sy die Angelus Temple in Los Angeles. Een van die eerste “Mega” kerke in Amerika. Die kerk het ook verkeie sateliet gemeentes gehad.

Daar was 83 “stained” vensters en 5300 sitplekke. Twee gallerye. Die grootste “dome” op daardie stadium. Tydens die inwyding van die Tabernakel was dit skuld vry.

2

Dis betaal deur die duisende bydraes van Protestante van feitlik elke denominasie. In die selfde jaar stig sy die “Lighthouse of International Foursquare Evangelism” nou bekend as die “Life Bible College”. Die doel was om Gees gevulde Pastore en evangeliste en sendelinge op te lei. In die jare wat Pinkster Bybel instansies gesukkel het om bo water te bly, het “LIFE” begin in 'n nuwe gebou langs die Tabernakel. Thompson, daardie tyd op pensioen van 'n Metodiste bediening asook die redakteur van die “Thompson Chain Reference Bybel” het vakke hier aan gebied en was ook “ere” dekaan. Alhoewel hy nie pinkster was nie het hy Aimee se opgewondenheid oor Goddelike genesing gedeel. Aimee was sterk vir eenheid en samewerking tussen verskillende christen groepe. Dis van die redes wat haar bediening so effektief gemaak het. Sy was 'n sterk voorstander van sogenaamde “interkerklike” samekomste. Sy was georden as 'n Baptiste Predikant, gelisensieër as 'n Metodiste berader en het selfs krediete gehad met die Assemblies of God as 'n evangelis. Ten spyte daarvan het sy geweier om haar bediening te koppel aan enige denominasie. Daar is na haar bediening verwys as die “Foursquare Gospel”.

 

1.Jesus as Verlosser.

2.Jesus as Geneesheer.

3.Jesus as Doper in die Heilige Gees.

4.Jesus die Koning wat gaan kom.

 

Aimee se verstaan van die dinamiese werk van die Heilige Gees het haar skeppende talente verryk. Sy het die Amerikaanse kultuur verstaan en dit gesien as 'n brug om die evangelie na die mense te bring. Sy het die geleentheid gebruik om hierdie tegnologie te volle te gebruik. Sy het bekend geword vir haar geïllustrede preke. Sy het operas geskryf en op gevoer. Gedurende hierdie tyd het sy “KFSG” gestig. Een van die oudste radio stasies in Amerika. As gevolg van hierdie operas van haar en die radio stasie het duisende siele na die Here gekom.

Aimee het kulterele metodes gebruik maar nie sonder voorbehoud nie. Een slag het die Ku Klux Klan na haar Tempel gekom om haar seën te ontvang. Sy het egter geweier en sterk veld getrek teen hulle rasisme. Sy het hulle duidelik laat verstaan dat hulle optrede teen die Bybel is. Alhoewel haar optrede 'n Hollywoodse geur gehad het, was sy sterk uitgesproke teen die sondes van die gemeenskap. Sy het sterk ten velde getrek teen alkolisme, wit slaverny,, prostitusie, dwelm handel, en enige iets anders wat mense in bande hou. Sy het ook ten velde getrek teen Polisie brutaliteit. Sy het Polisie offisiere by die naam genoem wat korrup was. Die Los Angeles misdaad wêreld het haar gehaat. Sy het in Winnipeg en ander stede openlik onder die prostitute beweeg en Nuwe Testamente uit gedeel en saam met hulle gebid.

Aimee het ook die kulterele gewoontes wat daar was teen vroue geïgnoreer. Veral die wat teen vroue Predikers was. Sy het die idee dat vroue nie mag preek nie duidelik en sterk teen gestaan. Sy was sterk beïnvloed deur prominente vroue soos byvoorbeeld;

Evangeline Booth die “Salvation Army” se aanvoerder in Kanada. Ook deur Maria B. Woodworth-Etter, die baie bekende evangelis wie se bediening gestrek het vanaf 1880 tot 1920. Op haar beurt het sy weer vir Kathryn Kuhlman geïnspireer. In 1919 is daar gelyke regte aan vroue gegee en dit het haar bediening laat blom.

Terwyl baie vir “Sister McPherson” onthou het vir haar suksesvolle evangelie bediening, die bekende ontvoering in 1926 en as die stigter van die “International Church of the Foursquare” is haar betrokkenheid by die stigter van vele kerke feitlik onbekend. Gedurende haar veldtogte het moontlik duisende Pinkster gemeentes ontstaan, van wie by die “Four Squre” denominasie aangesluit het. Ander het weer by die “Assemlies of God” aan gesluit asook by ander groepe.

 

4

Waar sy ookal bediening het, in Denver, Wichita, Philadelphia of Toronto. Haar invloed het ook buite Amerika 'n inpak gehad. Min vandag is bewus dat sy 'n brief gekry het van die “United States of Gheorghe Bradin” Aimee se bediening beskryf en vertel van die Doop in die Heilige Gees. Dit het die herlewing in Romania begin. Aimee's reis “From Milkpail to Pulpit” met die drama en oorwinnings en mislukkings, die vreugde en die trane het haar gehoor op die voorpunt van hulle stoele laat sit. Baie van die verhale was ook hulle verhale. Tog kon sy nie alles vertel nie. Heros kon nie voete van klei gehad het nie. Wanneer 'n fout gevind word, word dit eenkant geplaas en nie vergewe nie. Meeste van hierdie optredes en verhale het 'n pynvolle alleenheid weggesteek. In 1911, 'n jaar nadat sy terug gekeer het van China het sy met Harold McPherson getrou en weer geskei. Dit het gelyk asof Harold haar sekuriteit kon bied. Twee jaar later gee sy geboorte aan hulle seun Rolf. Sy het egter nog steeds 'n pasie vir evangelie werk gehad. Toe Harold ingestem het om saam met haar te reis met haar evangelie werk, het sy gereken dat sy die beste van twee wêrelde gehad het. Ongelukkig was Aimee baie meer talentvol as hy en hy kon nie langer onder haar skaduwee leef nie. Hy het die skeisaak aan gegee net toe sy op die toppunt van haar roem was.

Na haar ontvoering in 1926 het sy al haar energie gegee aan die bediening. Sy het soms 21 keer 'n week gepreek. Die hofsaak wat gevolg het en haar finansiële probleme was die oorsaak van 'n senuwee ineenstorting. Haar familie betrekkings het ook suur geword, veral die tussen haar en haar ma en haar dogter. Sy het ook 'n dwase besluit geneem om te trou met David Hutten 'n musikant. Sy het gereken dit sou haar geluk bring. Die huwelik was egter gedoem vanaf die begin. Daarby het haar genesings bediening begin afneem. Om sake erger te maak het die koerante voorblad berigte geplaas oor alles wat sy verkeerd gedoen het. Aimee het meer as haar deel gehad van swaarkry en verdrukking.

5

Sy het egter ontdek dat die genade van die Here genoeg is. God se liefde is die grootste van alles. Die gesalfde bediening van Aimee Semple McPherson het haar nie gevrywaar van menslike foute en versoekings nie. Soos talle predikers daardie tyd en vandag het sy radikale dissipelskap van die kansel af verkondig maar nie altyd self daarin geleef nie. Gees vervulde bedienaars het nie imuniteit teen versoekings en probleme nie. Almal is menslik.

Vir Aimee was sukses in die bediening en persoonlike verhoudings die grootste uitdagings in haar lewe. Sedert haar dood in 1944 het vele ander Pinkster predikers gestoei met dieselfde uitdagings. Sommige het gefaal ander nie. Min het uit die as opgestaan soos Aimee Semple McPherson om verdere aanwins vir God se Koningkryk te wees nie.

Aimee het 'n herlewing nalatenskap daar gestel wat duidelik gewys het hoe God op groot skaal deur 'n menslike instrument kan werk.

Sy was werklik 'n “Instrument in God se hande”.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page