
P.P.BLISS.
LIED SKRYWER EN EVANGELIE SANGER.
​
​
​
​
​
​
​
​
​
​
​
Philip Paul Bliss was gebore in Clearfield Country, Pennsylvania in Amerika op die 9de Julie 1838. Beide sy pa en ma was godsdienstig en musikaal. Die invloed van sy ouers se huis was blywende indrukke wat altyd by hom gebly het. Hy het baie vroeg 'n passie ontwikkel vir musiek. As 'n jong kind het hy ure stil gesit en na sy ouers geluister terwyl hulle gesing het. Later het hy self begin saam sing. Die eerste klavier wat hy gesien het was toe hy ongeveer 10 jaar oud was. Hy het een oggend in die dorp verby 'n huis gestap en die mooiste musiek denkbaar gehoor. Die deur het oop gestaan en die uitnodiging van die musiek was onweerstaanbaar. Hy was kaalvoet en het ongesiens binne gegaan. 'n Jong meisie was besig om te speel op 'n klavier. Toe sy ophou speel het hy uitgeroep dat sy nog moes speel. Hy was 'n groot seun vir sy ouderdom en al wat sy raak gesien het was sy groot voete, en het hom onmiddelik beveel om die huis te verlaat.
Hy het onmiddelik padgegee, baie seergemaak. Die musiek het egter by hom gebly. Dit het vir hom geklink soos hemel. Sy jeug jare het hy gespandeer op 'n plaas en 'n hout kamp. Hy moes doen met skool opleiding wat die platteland kon beskotig. In 1850 het hy 'n publieke belydenis gemaak van sy geloof in Christus. Hy was gedoop deur 'n Pastoor van die “Christian Church”. Hy het later lid geword van 'n Baptiste kerk wat naby die skool was wat hy bygewoon het in Elk Run, Pennsylvania. Hy was godsdienstig van klein tyd af. In 1855 het hy die winter deur gebring in 'n uitgesoekte skool in East Troy, Pennsylvania. In 1856 het hy gewerk op 'n plaas in die somer en het skool gegee in die winter in Hartsville, New York. Hy was toe maar net 18 jaar oud en sy lewendige verstand wat vinnig geleer het en baie gou kon aanpas by die omstandighede, het bewys dat hy geskik was om 'n onderwyser te wees. Die daaropvolgende winter het hy sy eerste sistematiese opleiding in musiek gehad. Die skool was hanteer deur Mr.J.G.Towner. Daardie selfde winter het hy ook 'n musikale konferensie bygewoon in Rome, Pennsylvania. In die voorsiening van die Here was Wm.B.Bradbury in beheer van hierdie konferensie. Van die oomlik wat Bliss vir Bradbury ontmoet het was daar 'n diep respek by hom vir hierdie man. Veral 'n bewondering vir die gawes van musiek wat God aan Bradbury verleen het. In 1858 het Bliss begin klas gee in Rome Akademie, Rome, Pennsylvania. Hy het tuis gegaan by die familie van O.F.Young. Hier het hy sy groot liefde ontmoet. Lucy Young. Hulle is getroud op die 1ste Junie 1859. In Julie en Augustus van 1860 'n Musiek Akademie was gehou in Geneseo, New York deur T.E.Perkings, T.J.Cook, Bassini en andere. Bliss het hierdie geleentheid bygewoon en daarna musiekopleiding begin gee as 'n loopbaan. Hy het ook die Akademie bygewoon in 1861 en 1863. Op daardie satdium het hy klas gegee net in die winter maand.
Hy het nogsteeds op 'n plaas gewerk in die somer maande. Die instrukteurs by hierdie Musiek Akademies het hoë lof gehad vir hom. Gedurende 1863 het Blis 'n brief gerig aan Dr.Root met 'n lied in wat hy gekompioneer het. Hulle het besluit om vir hom 'n konsert te reël. Blis was gedurig aan die skryf van liedere. Hy was geroep beide as 'n musikant en 'n komponis. Sy liedere was wonderlik en opbouend. Vir 4 jaar het Bliss gebly in die diens van Root en Cady. Hy het konferensies en konserte gehou. Veral in die Noordweste. Hy het later vir nog vier jaar hierdie werk gedoen, onafhanklik.
In die somer van 1869 het hy vir Moody ontmoet. Daarna het hy gereeld die byeenkoms se musiek gelei saam met Moody. C.M.Wyman het daardie tyd saam met Bliss gewerk in die skryf van liedere. Hulle was beide baie ernstig oor hulle geloof en het die dienste van Moody gereeld bygewoon. D.W.Whittle het gesê dat hy dink dat Moody het sy eerste indrukke van die krag van solo sang by hierdie twee manne geleer. Die eerste saamwerk van Bliss en Whittle was 'n Sondag skool konferensie. Whittle was gevra om die skool te kom toespreek en 'n sanger saam te bring. Hy het by Moody verneem wie hy kon saam neem en Moody het vir Bliss aan beveel. Hy het 'n baie goeie indruk by hierdie konferensie gemaak. Daarna het hy beheer geneem van die musiek by die “First Congregational Church” van Chicago. Na drie jaar bedank hy om die veld te betree as singende Evangelis saam met Major Whittle. Moody was op daardie stadium in Skotland in die winter van 1873-1874. hy het 'n aantal briewe aan Bliss geskryf en gevra dat hy by hom moes aansluit en kom sing, hy het ook aan Whittle geskryf en gevra dat hy alles moes los en by hom moes aansluit om saam byeenkomste te hou. Hulle het eindelik ooreen gekom om 'n byeenkoms of twee saam te hou om te sien hoe dit sal werk.
Hulle eerste byeenkoms was gehou in Waukegan, Maart 24-26. Hierdie uitreiking was 'n besondere een. Whittle het gesê;
​
“"We returned to Chicago praising God; Bliss to find substitutes for his conventions, and I to resign my business position."
Teen hierdie tyd was Bliss se reputasie as komponis orals bekend. Sy inkomste uit sy bedryf was goed en konstant en aan die groei. Beide hy en sy vrou het uit gekyk na die dag wat hy rustig by die huis sou kon bly. Hy het egter gevoel dat hierdie 'n roeping van God af was. Hy het dadelik 'n volle oorgawe van al sy ambisies aan die Here gemaak. Van hierdie oorgawe het Whittle die volgende gesê; "Up to the day of his death I never heard him express a regret that he made his surrender and gave himself to God for His work."
Hulle het onmiddelik begin met hulle gesamentlike werk as evangelis en sanger. Hulle het byeenkomste gehou in Illinois, Wisconsin, Michigan, Pennsylvania, Kentucky, Tennessee, Minnesota, Missouri, Alabama, Georgia, en vele ander gebiede. In September 1876 het Bliss en sy vrou 'n besoek gebring aan Moody in Northfield, Massachusetts. Bliss het die besoek baie geniet en op 'n humoristiese verwys na hoe Moody sy gaste gebruik. Hy het hulle in 11 samekomste gebruik in een week. Bliss was konstant saam met Moody en het hom grootliks gehelp in sy werk. Die bekendheid van die evangeliste het baie wyd gestrek, totdat hulle gevra was om ook in Engeland op te tree. Moody het hulle ernstig bemoedig om te gaan en hulle het besluit om hierdie uitnodiging aan te neem. Hulle plan was om in Chicago 'n byeenkoms te hou en sodra dit verby was sou hulle deur gaan na Engeland toe. Dit was nou naby Kersfees en Bliss het huistoe gegaan om die tyd saam met sy vrou deur te bring. Daar was geadverteer dat hy sou optree in Moody's Tabernakel die Sondag na Kersfees. 'n Telegram is aan hom gestuur in verband daarmee.
Dit was oppad na hierdie byeenkoms wat beide hy en sy vrou hulle lewens verloor het in 'n ongeluk. Die trein het van 'n brug af gestort en bykans almal aanboord het gesterf. Die trein het heeltemal uitgebrand
Whittle het die volgende gesê van hom en diegene wat by die ongeluks toneel was.
"remained there three days, until all the wreck had been removed, searching first for their bodies, then for anything that could be identified as having been connected with them. We found nothing... They have gone, as absolutely and completely gone, as if translated like Enoch."
​
Hulle het twee seuns nagelaat.
​
Ek wil hierdie gedeelte afsluit met die volgende aanhaling van Prof.F.W.Root.
"If ever a man seemed fashioned by the Divine hand for special and exalted work, that man was P. P. Bliss. He had a splendid physique, a handsome face, and a dignified, striking presence... He had not had opportunities for large intellectual culture, but his natural mental gifts were wonderful. His faculty for seizing upon the salient features of whatever came under his notice amounted to an unerring instinct. The one kernel of wheat in a bushel of chaff was the first thing he saw. Examine the work which really enlisted his whole soul and you will see nothing but keen discernment, rare taste, and great verbal facility. His gospel hymns contain no pointless verses, awkward rhythms or forced rhymes, but on the contrary, they glow with all that gives life to such composition. He also had a natural instinct for melody. Mr. Bliss' voice was always a marvel to me. He used occasionally to come to my room, requesting that I would look into his vocalization with a view to suggestions. At first a few suggestions were made, but [recently] I could do nothing but admire. Beginning with D-flat below (F-clef), he would without apparent effort, produce a series of clarion tones, in an ascending series, until having reached G space above (C-clef) with pure tone."
