top of page

            Thomas Ball Barratt

                                              1862-1940

​

​

​

​

​

​

​

​

 

T.B.Barratt was gebore in Cornwall, Engeland, maar het groot geword in Noorweë vanaf sy 4de jaar. Sy vader het geëmigreer na Noorweë in 1867. Teen die ouderdom van 17 begin hy preek en was georden as diaken in 1889 en word 'n ouderling in 1891 in die “Methodist Episcopal Church” van Noorweë. In 1902 stig hy die “Oslo City Mission”. In 1906 word hy versoek om 'n toer deur Amerika te onderneem om fondse in te samel vir 'n groot sentrale sending in die stad Christiana(nou Oslo).

Sy toer was 'n mislukking wat finansies aanbetref, maar tydens die toer het hy 'n besondere ondervinding van die doop van die Heilige Gees in sy hotel kamer gehad. Dit het gebeur op 7 Oktober, terwyl die Pinkster Herlewing in volle swang was honderde kilometers daarvandaan in California. Hy was in New York op wag vir n skip huis toe. Hy was moontlik in 'n depresiewe toestand oor die mislukking van sy toer. Terwyl hy wag het die Heilige Gees hom besoek. 'n Bonatuurlike lig soos n vuur tong was sigbaar bokant sy kop en op daardie oomblik is hy gedoop met die Heilige Gees. Hy het later die volgende oor die ondervinding gesê;

​

"I began to shout as loud as I could in a foreign language. I must have spoken in seven or eight languages, to judge from the various sounds and forms of speech used. I stood erect at times, preaching in one foreign tongue after another, and knew from the strength of my voice that 10,000 might easily have heard all I said. The most wonderful moment was when I burst into a beautiful baritone solo, using one of the most pure and delightful languages that I have ever heard."

​

Op die 8ste Desember vaar hy uit vir Noorweë en kort daarna begin die Pinkster Beweging in Scandinavia en vesprei soos 'n veld brand. Sy kragtige getuienis was deur die kerke begroet met antagonisme, maar hy het terug geveg met kragtige prediking en oortuigende artikels. Groot skares het gestroom na sy openbare byeenkomste by sy nuut gestigte “Filadelfia” gemeente in Oslo en herlewing het versprei dwarsdeur Noord Europa so ver as Finland. Alexander A.Boddy, die predikant van “All Saints” in Sunderland, het gehoor wat was aan die gebeur in Noorweë en het besluit om ondersoek te gaan instel. Hy was onmiddelik oortuig dat wat hier gebeur was van die Here. Hy oortuig onmiddelik vir die oorwerkte Barratt om sy kerk in Noord Engeland te besoek.

Barratt het die kerk besoek vir twee opwindende weke in die begin van September 1907. Honger siele was gou gevul met die Heilige Gees. Dit was die begin van die herlewing in Engeland. Die gawe van spreek in tale het die aandag van die sekulêre media getrek. Geen verdere advertensie was nodig nie. Met die terug keer van Barrett was die leierskap van die herlewings geplaas in die hande van A.A.Boddy en Cecil Polhill.

Barret het verder gereis met sy Pinkster vlam na gelowiges in Sweden, Finland, Poland, Estonia, Ysland en Denmark. In 1909 het die Methodiste sy lidmaatskap van die “Methodist Episcopal Church” gekanseleer. In dieselfde jaar het hy terug gekeer na Engeland en gepreek in London by die “Sion College” tydens die “Whitsuntide konvensie” Die konvensie het 'n jaarlikse instelling geword tot met die begin van die eerste Wêreld oorlog in 1914. Na sy verblyf by Stanley Frodsham in Bourne-mouth het hy geïmigreer na Amerika. Vandaar het hy sover as India gereis. Na die oorlog het hy baie min kontak met die Britse eilande gehad, behalwe deur middel van sy skryfwerk. Sy werk was gepubliseer deur Cecil Polhill tot en met 1935. In daardie jaar het die “Fellowship of Assemblies of God” hom en sy vrou genooi na die jaarlikse konferensie in Sunderland. Dit was die geboorteplek van die herlewing, meer so as in London. Dit was vir hulle 'n baie besondere aangeleentheid, veral omred hulle diebare vriend Smith Wigglesworth ook daar was. Daar het hulle besondere byeenkomste gehad. Dit was nie 'n herhaling van 1907 nie want God is nie sentimenteel nie. Hierdie byeenkomste was gekenmerke met lang tye van Geestelike sang.

In 1939 was T.B.Barratt verkies as die President van die “European Pentecostal Conference in Stockholm”. Hy was waarlike 'n “vader” onder al hierdie internasionale leiers.

T.B.Barratt sterf op die 29ste Januarie 1940. Die kerk was stampvol 'n uur voor die diens.

Die diens is waargeneem deur sy lewens lange vriend Lewi Pethrus van die groot susters kerk in Stockholm. 20000 mense het in die strate gestaan wat nie toegang tot die kerk kon kry nie. Noorweë het hom vereer met 'n graf tussen die beroemde mense van Noorweë. Hulle het 'n steen op sy graf geplaas wat 'n massiewe beeld van hom is waar hy sy geliefde Bybel vashou. Daar was 'n eenvoudige opskrif aan gebring;

​

"ERECTED BY THE PENTECOSTAL FRIENDS OF NORWAY."

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page