
WILLIAM SEYMOUR

DIE VADER VAN PINKSTER.
Waarna deur spotters verwys is as 'n deur mekaar gebabbel word 'n wêreld wye beweging in die evangelie van Christus. Vandag die vinnigste groeiende deel van die Christendom – Doop in die Heilige Gees met die spreek van tale. Die pinkster beweging.
Een van die uitstaande swart leiers in hierdie beweging, en die minste geag in die geskiedenis is William Seymour. Die swart Pastoor van die Azusa straat Sending in Los Angeles. Daar was ander wat ook aandeel gehad het in die herlewing, maar William Seymour was die vonk wat hierdie beweging die wêreld ingestuur het. Dis eers in die laaste paar dekades wat daar erkening gegee is aan William Seymour.
Sidney Ahlstrom die Yale Universiteit historikus het die lig laat val op William. Hy het gesê;
"which exerted its greatest direct influence on American religious history"
Met hierdie woorde het hy vir William voor persone soos W. E. B. Dubois en Martin Luther King, Jr. geplaas.
William Joseph Seymour is gebore in Centerville, Louisiana op die 2de Mei 1870. Sy ouers was slawe genaamd Simon en Phyllis Seymour. Hy het groot geword as 'n Baptis en het van kleins af drome en visioene gekry. Op die ouderdom van 25 het hulle getrek na Indianapolis, waar hy gewerk het as 'n spoorweg helper, en ook as kelner in 'n goeie restaurant. Ongeveer hierdie tyd het hy pokke onderlede gekry en blind geword in die een oog. In 1900 het hy getrek na Cincinnati waar hy aangesluit het by die “reformasie” van die kerk van God. Hulle hoofkantore was in Anderson, Indiana. Hulle het ook bekend gestaan as die “Evening Light Saints”. Hier het hy onderrig ontvang in “radikale heiligheid” teologie. Hierdie leering beskou heiligmaking as 'n tweede seëning na bekering.
Hulle het ook geglo aan Goddelike genesing, en die wegraping voor die verdrukking. Hulle het ook geglo dat daar kom 'n wêreldwye herlewing voor die wegraping.
In 1903 trek William na Houston, Texas, op soek na sy familie. Daar sluit hy aan by 'n klein “Holiness” gemeente wat bedien was deur 'n swart vrou,Lucy Farrow. Sy het hom in aanraking gebring met Charles Fox Parham. Parham was 'n “Holiness” leraar. Onder sy bediening het een van sy studente in “tale” gepraat. Dit was twee jaar voor dat hy vir William ontmoet het. Parham het geglo dat die praat in tale was die teken van die doop in die Heilige Gees soos wat die Bybel leer. Hy het 'n Bybelskool begin om studente te leer van hierdie “Apostoliese Geloof”. Hy het vir William aan gemoedig om die klasse by te woon. As gevolg van die feit dat die wet swart mense verbied het om saam met wit mense in klas kamers te wees, het William in die gang gesit en luister na Parham. Hier het hy die boodskap van die doop in die Heilige Gees met die spreek van tale as bewys aanvaar. Alhoewel William nog nie die ondervinding ontvang het nie het hy verskeie kere saam met Parham oor die onderwerp gepreek. Vroeg in 1906 word William uitgenooi deur Julia Hutchins, 'n pastoor van die “Holiness” beweging. Die gemeente was in Los Angeles. Met Parham se ondersteuning neem William die uitnodiging aan. Daar preek hy hierdie nuwe “Pinkster leerstelling” met Handelinge 2:4 as sy ondersteunende teksvers. Hutchins het egter hierdie leerstelling verwerp. Veral die deel oor die tale. Sy het alle deure vir hom toe gemaak om te preek. Hy word egter genooi om in die huis van Richard Asberry, 214 Bonnie Brae Street tuis te gaan. Op April 9, na 'n maand van vas en gebed, het William en andere begin praat in tale. Woord het vinnig gesprei oor dit wat gebeur het in 14 Bonnie Brae Street. Dit het so 'n groot belangstelling opgewek, dat William buite op die stoep moes preek. Op een stadium het die stoep se vloer ingegee as gevolg van die skare.
William moes toe soek vir 'n geskikte plek van aanbidding. Die enigste plek was 'n vervalle gebou wat aan die African Methodist Episcopal kerk behoort het. Die gebou was in Azusa Straat. Dit was nie meer as 'n kerk gebruik nie, maar as 'n pakhuis em 'n stal. Alhoewel dit 'n bouval was, het William en sy klein groepie swart was vrouens, bediendes en werkers die plek skoon gemaak. Hulle het 'n kansel gebou van kratte waarin skoene verpak was. Dienste in die gebou het begin middel April. Die nederige plekkie is genoem “Apostoliese Geloof Sending”.
Wat hier gebeur het in die volgende drie jaar het die rigting van die kerk geskiedenis geheel en al verander. Hierdie was 'n baie klein vertrek en kon skaars 600 mense vat. Tog het 600 mense ingepak gesit terwyl honderde buite gestaan en geluister het. Dit hoof aantrekking was die praat in “tale”. Ook die tradisionele swart aanbidding. Dit het ingesluit dans, gejuig en sogenaamde “trances”. Daar was geen order in die dienste nie, omrede die “Heilige Gees” in beheer was. Daar was geen offerhande opgeneem nie. Daar was net 'n boks buite waarop gestaan het "Settle with the Lord”. Altaar werkers het energievol gebid saam met die wat gedoop wou word met die Heilige Gees. Dit was 'n bedrywige plek en die dienste het soms tot laat in die nag aangehou. Die lokale nuus berigte het verwys na die “vreemde gebabbel” deur “ongeleerde” swartes. Hierdie “advertensie” het net die nuuskierighed van die mense groter gemaak. Hele gemeentes het gekom kyk en gebly terwyl hulle eie “gemeente” tot niet gaan. Ander Pinkster senters het begin ontstaan in die omgewing.
Frank Bartleman, 'n “Holiness” prediker en sending werker het geskryf vir die “Way of Faith” in South Carolina die volgende. Ek haal aan: "Pentecost has come to Los Angeles, the American Jerusalem."
Sy verslae wat oor en oor gedruk was het amper 'n koorsagtige nuuskierigheid veroorsaak oor die gebeure in Azusa Straat. In September begin William sy eie nuusbrief met die titel “The Apostolic Faith.” Op sy piek is die nuusbrief gratis versprei aan 50000 intekenaars.
Alhoewel baie gekom het om die spot te dryf met die gebeure, het baie meer die egte raak gesien. Die feit dat hulle ongeleerde swart mense hoor praat het in verskillende aardes tale het hierdie ondervinding as waar bevestig. Baie gou het wit mense ook begin aansluit en gou was die meederheid van die gemeente wit.
Die lys van Azusa pelgrims lees soos “hall of fame” lede.
Van Noord Carolina kom Gaston B. Cashwell wat later die Pinkster boodskap geneem het na die Suidelike “Holiness” gemeentes.
Van Memphis kom Charles Mason wat die leier word van die “Church of God in Christ”. Hy het hulle in gelei in die Pinkster ondervinding in. Nou die grootste Pinkster denominasie in America.
Van Chicago kom William Durham wat later die “Assemblies of God” gestig het in 1914.
Vir William Seymour was die boodskap nooit oor tale nie. Ek haal hom aan: "Don't go out of here talking about tongues: talk about Jesus" .
Nog 'n wonderwerk in daardie tyd was die boodskap van versoening. Wit en swart wat saam aanbid het en saam gewerk het onder die leiding van 'n swart pastoor.
Bartleman merk die volgende op: "At Azusa Street, the color line was washed away in the Blood."
William se droom was dat Azusa Straat gebeure 'n nuwe tipe kerk en kultuur sou skep waar daar geen apatheid was nie, maar net 'n samehorigheid deur die Heilige Gees. Sy droom was egter wreed verongeluk nog voordat die gebeure in Azusa Straat opgehoun het.
Wanneer Charles Parham Azusa Straat besoek het in Oktober 1906 het hy sterk kapsie gemaak teen wat hy genoem het “donker byeenkomste” en “fits en spasms van spiritualiste”. Hy het geglo dat hulle die byeenkomste oorgeneem het. Alhoewel William hom erkenning gegee het as die begin van die beweging het die ouderlinge van die gemeente vir Parham verwerp. Vir die res van sy lewe het Parham die Azusa Straat beweging verwerp en daarna verwys as “geestelike krag prostitusie”.
Miskien die grootste uitdaging vir William Seymour kom in 1909. Sy mede blanke vroulike werkers, Florence Crawford en Clara Lum trek na Portland, Oregon. Saam met hulle neem hulle die adres lys van die “Apostolic Faith magazine”. Hierdie aksie van hulle het vir William effektief van sy volgelinge af gesny en sy leierskap be-eindig. Gerugte het versprei onder die swart gemeenskap dat Crawford hom verlaat het as gevolg van jaloersheid. Die gerugte wou dit he dat sy met William wou trou maar is ontmoedig deur C.H.Mason. Die wêreld was nog nie gereed vir 'n troue oor die kleur grens heen nie. Wanneer William besluit om met Jennie Moore, 'n swart leier in Azusa Straat te trou, het Crawford dit teen gestaan, omrede die wegraping so naby sou wees.
Na die “glorie jare” van Azusa Straat, vanaf 1906 tot 1909, het hierdie straat sending ontwikkel in 'n volwaardige gemeente. William Seymour het die gemeente bedien as pastoor tot en met sy dood op September 28, 1922. Daarna het sy vrou, Jennie, die gemeente bedien tot en met haar dood in 1936.
Die gebou is later verkoop vir onbetaalde belasting en gesloop. Vandag is daar 'n Japanese kultuur sentrum.
By die jaar 2000 het die geestelike nageslag van William Seymour die Pinkster beweging gegroei tot oor die 500 miljoen. Dit maak hulle die tweede grootste Christelike groep in die wêreld naas die Rooms Katolike Kerk.