top of page

                           JOHN JASPER


 

                               1812 – 1901

John Jasper, prediker, filosoof en spreker is gebore in Fluvanna Country, Virginia op 4 Julie 1812. Hy was die jongste kind van 24 kinders. Hy het tot bekering gekom op die 4de Julie 1839 in Capital Square van Richmond, Virginia. Hy is gedoop in 1849 op dieselfde dag wat hy 'n begrafnis behartig het. Dit het by gedra tot sy bekendheid. As een van die groot slawe predikers het hy 'n bekende begrafnis prediker geword lank voor die burger oorlog. Hy het homself geleer skryf en lees. Hy het sy preke gelewer in die dialect van die suidelike slawe, tog het die meer opgeleide predikers gereken dat sy aanbieding verby taal gebruik strek. Sy prediking was aanskuolik en dramaties.

​

Bekend vir sy gloeiende ywer, begaafde verbeelding en kleurvolle woordspel was John baie in aanvraag. Hy het in verskeie dele van Virginia gepreek asook die aangrensende state. Gedurende sy Agustus verlof het hy voldag konferensies aangebied. Sondag vir Sondag het hy doopdienste in die James rivier gehou.Hy was daarvoor bekend dat hy soveel as 300 persone in 4 ure gedoop het. Hy het die hoogte van sy ambisie bereik in 1867 toe hy die “Sixth Mount Zion” Baptiste kerk georganiseer het. Hy het nationale beroemdheid verwerf in 1878 met die prediking van sy bekende preek “SUN DO MOVE". Hierdie preek het hy later op uitnodiging ongeveer 250 keer gepreek. Een keer was dit voor die totale “Virginia General Assembly”. Hierdie preek was 'n poging om met skriftuurlike verwysings te bewys dat die Son om die aarde draai. Duisende mense van alle rasse het na die “Sixth Mount Zion” kerk gestroom om na John Rasper te kom luister. Hy was beskou as een van die laaste “Old Religion” predikers. As 'n leier in die gemeenskap van Richmond was John Jasper die onderwerp van vele boeke en soort gelyke artikels wat die swart godsdienstige ondervinding neer gepen het. Een van die boeke in besonder het wyd aandag getrek.

“John Jasper, The Unmatched Negro Phlisopher and Preacher by William Hatcher (1909)” Hierdie boek het vele herdrukke geniet. Voor die burger oorlog was slawe huwelike nie amptelik erken nie. John Jasper was onder die groep van swart Predikers in Richmond wat die outoriteit by die “United States Freedman's Bureau” ontvang het om slawe huwelike te wettig. Die kerk besit 'n oorspronklike slawe trou sertifikaat wat in Jasper se handskrif is gedateer 1865.

​

John Jasper het gesterfop 30 Maart 1901 om 10h30 die oggend. Sy laaste woorde was: "I have finished my work and am down at the river waiting for further orders".

Hy was eers begrawe in die ou “Mechanics” begrafplaas. Later as gevolg van die uitbreiding van Richmond het die begrafplaas in ongebruik verval en is sy oorskot herbegrawe met die nodige respek, in die “Richmond's Woodlawn” begrafplaas. Die graf is later gemerk met 'n groot graniet pilaar. Sy dood het die koerant opskrifte oorheers ten spyte daarvan dat die Richmond's Jefferson Hotel op dieselfde dag afgebrand het.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page