top of page

                 PAULUS:
CHRISTUS SE AMBASSADEUR.
PAULUS:

Wanneer ons na die geskiedenis kyk en die lewens van die Pioniers van die Christelike geloof ondersoek, dan staan Paulus loshande bokant almal uit. Hy was eers die vervolger van die kerk. Hy het gebrand met 'n pasie teen die Christene van daardie tyd. Hy het hulle vervolg en verdruk. Na sy bekering het daardie pasie van hom egter omgekeer en die Evangelie van Jesus Christus aangevuur en voort geblaas soos net hy dit kon doen. Hy was die stigter van die heel eerste Pinkster gemeentes regoor die Griekse, Romeinse en heidense wêreld. Die pinkster beweging het nie in die begin van die 1900s begin nie, maar by Paulus self.

Paulus was gebore as “Saulus” in 'n heidense stad met die naam – Tarsus. Tarsus was geleë in die provinsie van Cilicia(Turkye).

Daar kan nie met sekerheid gesê word nie, maar daar vermoed dat hy gebore is net na die tyd van Christus. Hierdie stad was 'n hoofstad in die provinsie. Dit was die senter van geleerdheid, selfs meer as Athene. Meeste van die inwoners was van Griekse afkoms, tog was daar ook 'n aansienlike Joodse groep.

Ten spyte van die sterk kulturele karakter van Tarsis het hierdie Joodse gemeenskap daarin geslaag om hulle eie kultuur lewendig te hou.

Saulus was gebore in een van hierdie Joodse families uit die stam van Benjamin. Op die agste dag is hy besny en het deel geword van die geloof van Abraham. Hy was 'n ware Israeliet, maar ook 'n Romein omrede sy Vader 'n Romeinse burgerskap gehad het en dit was aan gegee na Saulus. Soos wat hy opgegroei het is hy geskool in die Wet van Moses en die tradisies van die oudstes. As 'n jong seun was hy alreeds geskool in die Griekse weergawe van die Heilige Skrifte, genoem, die Septuagint. Sy vader het hom voorberei om 'n Farisiër te word. Die groep het onwankelbaar geglo in die woord van die Here, en het dit letterlik uitgeleef.

Op die ouderdom van 13 het sy ouers hom na Jerusalem gestuur om te gaan leer onder Gamaliel. Gamaliel was beskou as die grootste leermeester van daardie tyd. Sy bynaam was “ beauty of the law”. Gamaliel was rustige en kalm persoon met 'n besondere gawe geaardheid. Saulus was honger na geleerdheid. Gereed om te begin leer by hierdie besondere man.

Na sy tyd by Gamaliel is hy terug na sy ouers in Tarsis. Daar word aangeneem dat dit die tyd was wat sy vader hom geleer het om tente te maak. Tussen deur het hy sy plek vol gestaan in die plaaslike sinagoge, waar hy deur die jare in wysheid gegroei het. Daar word aan geneem dat hy minstens 10 jaar betrokke was by die plaaslike sinagoge en 'n gerepekteerde kenner van die wet geword het. Sy lewe was uiterlik blaamloos volgens die wet, maar innerlik het dieselfde wet hom aangekla. In sy binneste het hy verlang na iets wat die wet nie kon gee nie – perfekte geregtigheid. Eindelik het nuus ook die sinagoge in Tarsis bereik van hierdie Jesus wat genoem word die “messias” van die Jode. Al hoe meer verhale van Jesus se wonderwerke het die ore van Saulus bereik, en het seker sy egte Joodse bloed erg laat kook.

Veral toe hy boonop verneem van die sogenoemde uitstorting van die Heilige Gees op Pinkster dag. Veral toe daar bonop gekleim word dat dit die vervulling van Joel die profeet se profesie was. Om alles te kroon praat hierdie klomp nog in vreemde tale ook. Genoeg om Saulus op sy esel te laat spring en Jerusalem toe te laat gaan. Saulus is oppad Jerusalem toe om die wet te gaan verdedig. Sy aankoms in Jerusalem was nou in ander omstandighede as toe hy 'n seuntjie van 13 was. Hy was nou 'n man van net so oor die 30jaar. Dadelik met sy aankoms is hy opgeneem in die hitte van die stryd. Daar was 'n hewge debat met een van die christene. Sy naam was Stephan.

Daar was 'n groot aantal wyse manne en ywerige jonger manne betrokke in hierdie debat. Tenspyte van al hulle argumente vanuit die skrif en daar buite was Stephan se argumente ver bo hulle sin. Niemand, nie eers die jong Saulus, kon hierdie man se argumente weerlê nie. Toe hulle dit nie kon doen nie het hulle hulle gewend na 'n ander metode. Hulle het Stephan voor die Hoëpriester gedaag en van allerhande valshede beskuldig. Die Hoëpriester maak toe 'n fout deur vir Stephan 'n kans te gee om te praat. Sy verdediging was kragtig, duidelik en skrifgebonde. Dit was meer 'n woord van die Here as 'n verdedeging. Hy het met groot oortuiging die skuld en sonde aan hulle voete neer gelê. Hier was 'n Heilige Gees gevulde prediker met die tweesnydende swaard(die woord) in sy mond. Dit was sy enigste wapen. Almal van die omstanders, Saulus ingesluit, was diep in die hart getref deur die woorde. Dit het egter nie bekering veroorsaak nie, maar woede. Hulle het Stephan gegryp en hom uitgesleep en gaan stenig. Onder die omstandighede het Stephan uitgeroep na die Here en Hom die “Here Jesus” genoem. Die eerste keer wat Saulus hierdie woorde hoor. As gevolg van hierdie gebeure het Saulus oornag die hoof vervolger van die kerk geword. Hierdie was die begin van 'n geweldige vervolging van die kerk van Jesus Christus.

Saulus was aangestel as die hoof leier van hierdie bloedige vervolging van die kerk.

Hy het briewe gehad wat hom toestemming verleen het om in huise in te gaan en christene voor die regbank te daag en in die tronk te gooi. Hy was gedryf soos 'n mal man. Sy toegewydheid aan die wet was die dryfveer van sy hele bestaan. Hierdie vervolging het veroorsaak dat die christene uit mekaar gespat het na die streke van Judea en Samaria. Paulus het hulle met 'n pasie agterna gesit om te vervolg. Hy het by die Hoëpriester toestemming gekry om die vervolging voort te sit na Damaskus. Damaskus was die hoofstad van Sirië. In al hierdie omwentelings was daar dinge wat tog vir hierdie jong Saulus vreemd moes gewees het. Vanaf die steniging van Stephan tot met die steniging van die wat verder vervolg was het daar sekere dinge uitgestaan, wat hom moes ontstel het. Al hierdie volgeling van die Weg soos wat dit genoem was het heeltemal anders opgetree as wat daar verwag was. Daar was verwag dat hierdie mense uitmekaar sou spat en dat die beweging sou dood loop. Die teenoorgestelde het egter gebeur. Hier was 'n skielik groei in die geledere van die mense. Daar was geen verwyt of veroordeling teenoor die vervolgers nie. Binne hierdie geweldige vervolging was daar geen vrees nie. Net liefde en vrede en geluk. Hierdie mense het 'n dryfkrag gehad wat Paulus nie kon verstaan nie. Hy kon nie verby hierdie Gees vervulde kerk se pasie vir Christus beweeg nie.

Dit moes die pad gebaan het na sy bekering toe. Met duidelike bedoelings van uiterste wreedheid teenoor die christene, het Saulus en sy metgeselle die pad aan gedurf na Damaskus, min wetend wat wag op hulle. Feitlik in die middel van die dag het hulle die buite wyke van Damaskus bereik. Skielik het 'n lig vir vanuit die hemel op hulle geskyn. Hierdie lig was helderder as die sonskyn wat hulle ervaar het.

Met die lig wat op hulle geskyn het, het hulle op die grond neergeval. Hulle het almal die stem gehoor maar net Saulus het die boodskap gehoor. “Saulus, Saulus waarom vervolg jy My?” Die eerste ding waarmee Jesus vir Saulus konfronteer was sy sonde. Daar op die pad na Damaskus noem Salus vir die eerste keer vir Jesus “Here”. In een oomblik sonder enige redenasies en debatte, verloor die wet sy mag oor Saulus. Daar op die grond gee hy homself geheel en al oor aan Jesus Christus, en sluk genade hom in. Wat opleiding, godsdiens en 'n morele lewe nie kon doen nie, word in 'n oomblik gedoen toe hy Jesus ontmoet. Op daardie oomblik was hy nie net gered nie, maar ook geroep met 'n heilige roeping. Christus het aan hom geopenbaar dat hy die evangelie aan die heidene gaan verkondig. Hy was ook beveel om die stad binne te gaan waar nog meer aan hom geopnbaar sou word. Dus word die arrogante en gevaarlike Saulus, nederig die stad ingelei as 'n blinde.

Hy word geneem na 'n huis in die straat reguit. Daar het hy in vasting vir drie dae gebly. Hy het niks ge-eet of gedrink nie maar net gebid. Na drie dae ontvang hy 'n besoeker naamlik Ananias. Die verduidelik aan hom dat Jesus Christus hom gestuur het. Onmiddelik by hierdie ontmoeting het Saulus sy sig weer terug gekry. Deur die bediening van Ananias is Paulus in water gedoop en ook gedoop met die Heilige Gees. Ananias het ook Saulus se bediening bevestig. Na al hierdie gebeure het Saulus nog 'n paar dae daar deur gebring saam met die plaaslike dissipels. Sy verstaan van die skrif en die wet het gemaak dat hy ook die boodskap van Jesus Christus onmiddelik verstaan het. Hy het onmiddelik na die gebeure saam met Ananias die evangelie begin verkondig. Op daardie stadium was sy boodskap nie soseer die kruis nie, maar wel dat Jesus die Seun van God was.

Diegene wat na hom geluister het was verstom oor sy getuienis en sy duidelike bewyse uit die skrif dat Jesus die Seun van God was. Dwarsdeur sy bediening was sy getuienis die wyse waarop die gelowige lewe gelei moes word. Bekering, genesing, doop in water en doop in die Heilige Gees en die samesyn van die gelowiges was deel van die christelike lewe. Na hierdie tyd het Saulus na Arabië gegaan waar hy die openbaring van die kruis van Jesus Christus, direk van Jesus ontvang het.

Hierdie openbaring sou hy die res van sy lewe aan die kerk geleer het. Dieselfde pasie waarmee hy die wet gedien het het hy nou die Here Jesus Christus gedien. Tog tenspyte van die ywer het hy tyd geneem om aan die voete van Jesus te sit en onderrig te word. Aan die einde van sy tyd het hy terug gekeer na Dasmakus, maar nou was dit nie meer vir hom veilig in die stad nie. Van die oomblik wat die Joodse gemeenskap gehoor het dat hy terug is in die stad het hulle planne begin maak om hom dood te maak. Daar was ook soldate aangestel om hom op te pas. Die plaaslike gelowiges het in 'n mandjie oor die muur laat sak, om te ontsnap. Na hierdie ondervinding het Saulus vir die derde keer op gegaan na Jerusalem. Die eerste keer na sy bekering. In Jerusalem wou hy by die gelowiges aansluit, maar hulle het hom nie vertrou nie. Hulle het nog alles wat hy gedoen het onthou. Barnabas het hom egter geneem om van die Apostel te gaan ontmoet. Daar kon hy sy getuienis deel en sy roeping verdedig. Gedurende sy verblyf in Jerusalem het hy net vir Petrus en Jakobus (Jesus se broer) gesien. Hy het in Petrus se huis gebly vir 15 dae. Gedurende daardie tyd het hy die evangelie in Jerusalem verkondig. Hy was self in gesprek met die Grieks sprekende Jode. Hulle kon nie en wou nie Saulus se getuienis aanvaar nie, en het beplan om hom dood te maak. Terwyl hy in die Tempel gebid het, het die Here hom gewaarsku en beveel om uit Jerusalem te gaan.

Dit was nie Saulus se idee nie maar hy het gehoorsaam. Hy was nie geroep vir Jerusalem nie, maar vir die heidene. Die oomblik wat die ander dissipels van die gevaar bewus geword het, het hulle vir Saulus gehelp om te vertrek na Tarsus. Vir die volgende 4-5 jaar het Saulus Tarsus sy hoofkantoor gemaak vanwaar hy sy uitreikings gedoen het. Hy het daarvandaan na Cilicia en Syria uitgereik om die evangelie wat hy eers vervolg het te verkondig. Daar was defnitief 'n hele aantal bekerings in daardie tyd, maar dit was 'n redelike stil tyd in Saulus se bediening. Van Saulus se familie is daar baie min inligting beskikbaar. Wat ons weet is dat hy ten minste 'n suster gehad het. Wat interresant is,is die feit dat hy nooit na sy ouers in enige van sy briewe verwys nie. Moontlik het sy ouers nie hierdie nuwe geloof van Saulus aanvaar nie en het daar 'n vervreemding tussen hulle gekom. Saulus het nooit getrou nie. Wanneer hy die brief aan die Korinthiërs skryf sê hy dievolgende: “Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.”(Kor.7:7).

Soos wat die dissipels verstrooi is oor alle gebiede het hulle gesien hoe die kerk groei deur hulle getuienis. Een van daardie plekke was Antiogië. Toe die nuus die gemeente in Jerusalem bereik het hulle onmiddelik vir Barnabas gestuur om te gaan ondersoek instel. Die gebeure daar was wonderlik en ongelooflik, maar dit het gebeur in 'n heidense stad.

Onmiddelik het Barnabas gedink aan Saulus. Saulus van Tarsis, die gestuurde na die heidene. Nadat Barnabas hom gevind het, het hy hom gebring na Antiogië. Eindelik het die deur na die heidene groot oop gegaan. Vir die daar op volgende jaar het hulle die mense by mekaar gemaak en hulle die woord van die Here bedien. So is die eerste heidense gemeente gevorm en gestabiliseer.

Die salwing van die Here het swaar op hulle gerus, en dis hier waar die volgelinge van Christus vir die eerste keer "Christene" genoem was. Aanvanklik was die naam bedoel as 'n skeld woord en 'n belediging. Dit het eers later 'n aanvaarbare benoeming geword. In hierdie spesifieke gemeente was daar vyf gesalfde bedienings in die leierskap. Barnabas was gesalf as 'n profeet en Saulus was die leraar. Dit was in hierdie gemeente waar Barnabas en Saulus deur die samewerking van die Heilige Gees en die gemeente afgesonder was vir hulle dienswerk in die veld van die heidene. Saam met hulle was ook Markus, Barnabas se neef. Gelei deur Barabas was hierdie Saulus se eerste sending reis. Hulle eerste stop was Cyprus. Dit was ook Barnabas se groot word wêreld. Hulle eerste pogings was om in die sinagoges op te tree, maar hulle was nie daar welkom nie. Dit het gelei tot die stigting van 'n nuwe gemeente. Net nadat hulle die stad Paphos bereik het is hulle gevra om vir Sergius Paulus, 'n leier in daardie gebied, te gaan sien.

Hy het baie belang gestel in die Woord van die Here. By Sergius was daar 'n valse profeet, 'n Jood. Hy was 'n Towenaar. Sy naam was Elymas. Hy het al die predikers van die woord van die Here ernstig tee gestaan, om seker te maak dat Sergius nie 'n gelowige word nie. Hy het egter nie met Saulus reken gehou nie. Die was vol van die Heilige Gees en het vir Elymas 'n kind van die duiwel genoem en geprofeteer dat hy vir 'n seisoen blind sou wees. Elymas het onmiddelik blind geword. Sergius was stomgeslaan en het onmiddelik die Here Jesus aangeneem. Vanaf die begin van hulle sending reis het die Evangelie met krag en demostrasie deur gekom. By die tyd wat hulle Cyprus verlaat het om na Perga te gaan, is saulus se naam verander na Paulus. Die woord Paulus beteken "klein". Teen daardie tyd was Paulus die erkende leier van die beweging onder die heidene. Aangekom in Perga het Mark hulle verlaat omrede hy dit moeilik gevind het om voort te gaan.

Vandaar het hulle voort gegaan weer deur Antiogië in Pisidia en dan vandaar af deur na die stede van Iconium, Lystra and Derbe. Dwarsdeur hierdie stede het hulle afwisselind ondervind, herlewing, oproere en verdrukings. Tenspyte daarvan het hulle getrou gehou by die wonderlike boodskap van die Kruis van Jesus Christus. Paulus was op een stadium gestenig en buite die stad gelos as dood. God het hom egter weer opgerig en hy het voort gegaan met die bediening van die boodskap.

Op hulle terug reis het hulle weer deur Lystra, Iconium, Pisidia, Antiogië en Perga. Op hierdie reis het hulle die broers versterk en onderrig uit die woord. Gedurigdeur het hulle dit duidelik gemaak dat dit nie altyd net seninge gaan wees nie, maar ook verdrukkings. Gedurende 'n seisoen van vasting het hulle ouderlinge die hande op gelê en in die verskillende gemeentes aan gestel. Hierdie eerste sending reis het ongeveer twee jaar geduur. Na die eerste reis het hulle ongeveer twee jaar in Antiogië vertoef. Dit was gedurende daardie tyd wat sommige predikers van Judea af gekom het om die gelowiges van Antiogië te mislei deur te verkondig dat hulle saam met al hierdie mooi dinge ook nog die besnydenis moet onderhou. Sonder die besnydenis sou hulle dus nie ten volle gered gewees het nie. Paulus en Barnabas het hierdie valse lering baie sterk teë gestaan. Sou hierdie lering in daardie tyd die kerk binne gedring het sou dit geweldige skade gedoen het aan die woord van die Here. Hulle het op gegaan na Jerusalem om met die Apostels te ontmoet in verband met hierdie saak. Paulus het te kenne gegee dat hy weens 'n “openbaring” op gegaan het na Jerusalem. Hierdie was die eerste groot “kerk konferensie”. Tydens hierdie geleentheid het Paulus en Barnabas duidelik uitgespel wat hulle tussen die heidene verkondig. Hulle het ook getuig van die wonderwerke wat op die boodskap gevolg het.

Daar was 'n aantal bekeerde Farisieërs in Jerusalem wat wou gehad het dat die heidene wat tot bekering gekom het ook die wet moes onderhou. Petrus het hierdie idee teë gestaan deur die ondervinding van Cornelius weer gegee. Hier was 'n voorbeeld dat die heidene sonder die wet ook die Heilige Gees kan ontvang. Petrus het op 'n stadium saam met die heidene van Antiogië geëet, maar toe hierdie Farisieërs op die toneel verskyn het hy homself weer van hulle ontrek. Tydens die vergadering moes Paulus sterk op tree om die bediening na die heidene te beskerm. Hy het Petrus in die openbaar teë gestaan en bestraf oor sy skynheilige houding teenoor die heidene. Hierdie Farisieërs was 'n mengsel van Judisme en die ware christelike boodskap. Alhoewel Paulus hierdie argument gewen het, het hierdie persone dwarsdeur sy lewe sy vyande gebly. Hulle was gedurig in die omgewing waar hy bedien het met die doel om sy bekeerlinge te verwar. Hierdie was oorlog en Paulus het nooit geweifel om hierdie mense aan te vat nie.

Hy het hulle uitgedaag en ontbloot oral waar hy 'n kans gehad het. Veral waar die die gesondheid en veiligheid van die gemeentes aan betref het. Hy het hulle “honde, valse broers en valse apostels” genoem. Natuurlik was hierdie nie die enigste vyande van die ware evangelie nie. Hy het al die invloed van die Gnostics sterk teë gestaan. Ook diegene wat allerhande tegnieke buite die Bybel wou gebruik, asook die wat immorele lewens gelei het.

Kort daarna het Paulus met Barnabas gepraat oor nog 'n reis na die kerke wat hulle gestig het. Barnabas wou hierdie keer weer sy neef, John Mark, met hulle saam neem. Paulus was geheel daar teen gekant. Hierdie jongman het hulle voorheen teleurgestel en Paulus was bang dat dit weer sou gebeur. Hierdie het 'n kort maar sterk argument tussen die twee groot en Goddelike dienaars veroorsaak. Dus het Barnabas vir John Mark saam met hom geneem. Paulus het vir Silas saam met hom geneem.

Silas het die profetiese gawe gehad. Paulus en Silas het met die seëninge en gebede van die kerk in Antiogië na die omgewing van Sirië en Cilicia vertrek. Vandaar het hulle gereis na Derbe en Lystra waar Paulus die jong Timotheus gevra het om by hulle aan te sluit. Timotheus was van 'n Godvresende familie en het tot bekering gekom gedurende een van Paulus se vorige besoeke. Nou het hy alreeds 'n goeie repetasie opgebou in daardie area onder die gelowiges. Daar was 'n duidelike roeping van God op sy lewe. Dit was hoe die Here die werkers in Sy kerk opgelei en voorberei het. Saam het hulle deur die gebiede van Phrygia en Galasië gereis. Hulle wou ook deur gegaan het na die gebiede in Asië, maar die Heilige Gees het hulle verbied om te gaan.

Nadat hulle gereis het tot in Troas het Paulus 'n visioen in die nag gehad van 'n man van Masedonia wat hulle vraag om te kom help. Hierdie visioen is dadelik aanvaar as die roeping van die Heilige Gees dat hulle na Masedonia toe moes gaan.

Hierdie was die begin van die verkondiging van die evangelie in Europa. Dis ook hier waar die skrywer van die Evangelie Lukas en die boek Handelinge by die groep aan gesluit het. Saam het hulle pioneers werk gedoen in Macedonia. Hulle het begin by Phillipi. Dis waar die eerste Europese kerk gestig was. Hierdie gemeente het begin met n' vroue biduur by die rivier. Vandaar het hulle aan beweeg na Tesalonicense, Berea, Athene, Korinthiërs, Efesiërs, Jerusalem en Sesarea. Orals het hierdie groepie verdrukking tee gekom. Hulle was vervolg en in die tronk gesit. Hulle het opstande beleef. Behalwe dit het hulle gesien hoe die Here die mens verlos van demone. Hoe die Here mense gered het en genees het. Oral in die gebied is daar nuwe gemeentes gestig. Paulus kon met gewone mense gesels asook met die slimste geleerdes van Mars Hill. In Korinte het hy vir Aquila en Priscilla ontmoet. Hulle was gelowiges wat van Rome daar aan gekom het. Hulle was ook tentmakers.

Saam met hulle het Paulus en moontlik sy hele groep aan die tente gewerk vir 'n inkomste. Hierdie was die manier waarop Paulus geopereer het. Hy het nooit sy onderhoud van die gemeentes geëis nie, maar het sover moontlik bedien sonder om 'n las vir die gemeentes te wees nie. Dit was net die kerk in Phillipi wat by gedra het aan sy onderhoud. Toe Paulus getrek na Efese het hierdie twee, Aquila en Priscilla, saam gegaan en daar gaan woon.

Aan die einde van hierdie reis, wat ongeveer drie jaar geduur het, het hy terug gekeer na Antiogië waar hy vir 'n ruk vertoef het voordat hy sy derde reis begin het. Sy derde reis was deur die streke van Galasie en Phrygia om die gemeentes te bemoedig. Een van die min beskrywings van Paulus verwys na hom as klein van postuur met 'n bles en krom bene. Sy ooghare het aan mekaar geraak en hy het 'n effense krom neus gehad. Hy was baie vriendelik. Sommige het na hom verwys as die man met die gesig van 'n engel. Al het hy vir sommige gelyk as 'n klein mannetjie, was hy God se groot held op die sending veld.

Met sy aankoms in Efese het hy sekere dissipels ontmoet wat gekonnekteer was met die prediker Apollos. Sy eerste vraag aan hulle was, was of hulle al die Heilige Gees ontvang het. Hierdie vraag dui daarop dat Paulus van oortuiging was dat 'n mens die Heilige Gees kan ontvang onmiddelik na bekering soos wat dit in die geval van Kornelius se huishouding was onder Petrus se bediening. Hy was ook van mening dat 'n mens gered kon word sonder die doping van die Heilige Gees, want hyself was gered drie dae voor sy doping met die Heilige Gees. Ook in Samaria was mense verlos, gered en genees deur die bediening van Fillipus die evangelis, voordat hulle die doping van die Heilige Gees ontvang het. Hulle het eers later die doping van die Heilige Gees ontvang onder die bediening van Petrus en Johannes.

Die dissipels in Efesiërs het was net gedoop met Johannes se doop wat 'n doop tot bekering was. Na Paulus hulle verder onderrig het is hulle gedoop met die christelike doop. Iets wat Paulus nie sou gedoen het as hulle nie waarlik gered was nie. Nadat hulle in water gedoop was het hy hulle die hande opgelê en is hulle gedoop met die Heilige Gees. Onmiddelik het hulle in tale begin spreek soos die Heilige Gees dit gewil het. Die vermoë om in tale te spreek is nie vir hulle geleer nie, dit het vanself gekom. God was steeds besig om Sy Gees uit te stort 20 jaar na die dag van Pinkster.

Paulus het in Efesië gebly vir nog drie maande en gepreek in die sinagoge van die Jode. Nadat verskeie persone hulle egter teen sy boodskap verhard het, het hy sy besoeke aan die sinagoge gestop en net 'n aantal ware gelowiges uitgekies. Vir die volgende 2 jaar het hy hulle geleer uit die woord in die skool van Tyrannus. Daar was so 'n groot herleweing onder hulle dat die hele Asië die evangelie gehoor het. Behalwe al die gelowiges en predikers wat vrywillig die evangelie versprei het, het Paulus ook 'n aantal jong predikers soos Timotheus, Erasmus en Titus gestuur om, om te sien na die verskeie gemeentes wat nou ontstaan het. Gedurende hierdie tyd het baie wonderwerke (nie net gewone wonderwerke nie maar uitstaande wonderwerke) onder die bediening van Paulus plaas gevind. 'n Voorbeeld is dat Paulus oor sakdoeke gebid het, en wanneer dit dan op iemand geplaas word is die persoon dadelik genees.

Daar was 'n groot herlewing in die stad in so 'n mate dat baie hulle toorboeke en okkultiese boeke gebring het om verbrand te word. Dit was die resultaat van die kragtige prediking van die woord van die Here. Gedurende sy verblyf was daar ook verdrukings. Demetrius die silversmid het 'n groot veldtog teen Paulus op die been gebring. Hierdie herlewing het die besigheid van die silversmid baie skade gedoen. Hy het afgods beelde uit die silver vervaardig en verkoop. Spesiaal die van die godin Diana.

Nou met die herlewing het sy verkope baie afgeneem. Vir 'n lang periode het Demetrius die evangelie weerstaan en probeer om die werk van die Here skade te doen. Pualus het gebid dat die Here met hom moes werk.

Gedurende die tydperk van drie jaar wat hy daar vertoef het, het hy met sy eie hande gewerk om homself te onderhou asook diegene saam met hom. Gedurende daardie tydperk het hy bekering en geloof in Christus alleen verkondig. Hy het die evangelie in die ope lug asook in huise verkondig. Gedurende sy hele bediening het hy almal dag en nag bedien met waarskuwings en trane. Vandag se kerk wil nie waarskuwings hê wat nog prediking met trane. Vadaar af het Paulus gereis na 'n gebied in die streek van Macedonia. Vanaf Troas het hy in verskillende rigtings begin bedien waar die kerke was. Hy het gedurig die kerke besoek maar kon nie by hulle bly nie. Hy het egter nie die kerke doelbewus aan wolwe en valse leraar oor gegee nie.

Sy veld van bediening was egter wyd versprei. Gedurende hierdie tyd het hy sover as Illyricum bedien. Hy het altyd die begeerte gehad om al hoe verder en verder in nuwe areas te werk. Hy wou pioneer werk doen en nie bou op ander mense se werk nie. Vandaar het hy gereis na Achaia (Griekeland) waar hy drie maande gebly het en in Korinthiërs bedien het. Vandaar het hy gereis met 7 helpers na Troas en Miletus. Gedurende daardie tyd het hy die ouderlinge by mekaar geroep en hulle herrinner aan sy getroue bediening onder die verskillende gemeentes in die streek. Hy het die volle evangelie aan hulle verkondig en ook sterk gewaarsku teen indringer wolwe wat die gemeentes wil verskeur. Daarna het hy hulle ingelig dat hulle hom nie weer sal sien nie. Daar was baie hartseer in hulle geledere want almal was lief vir Paulus. Gedurende sy reise was hy verkillende kere gewaarsku dat daar vervolging op hom wag. Tenspyte daarvan was hy heeltemal gewillig om hierdie vervolging te gemoet te gaan.

Hy was ook bereid op te sterf sou dit die Here behaag.

Vandaar af het hy gereis na Tyre waar hy vertoef het vir 7 dae en deur gebring het saam met die plaaslike dissipels. Hier het die Heilige Gees hom weer gewaarsku oor die vervolging wat gaan kom. Daarna het hulle Caesarea bereik. Daar het hy tuis gegaan by die Evangelis Fillip. Fillip het 4 maagdelike dogters gehad wat geprofeteer het.

Terwyl Paulus daar was het die profeet Agabus daar opgedaag. Hy het ook vir Paulus gewaarsku teen dit wat gaan kom. Hy sou gevang en gebind word en in die hande van heidene oor gegee word.

In Jerusalem het Paulus met Jakobus ontmoet. Asook met die ouderlinge van die gemeente. Hierdie was die einde van sy derde sending reis wat ongeveer 4 jaar geduur het.

Dit was tydens sy besoek aan die Tempel in Jerusalem dat van die omstanders hom herken het en 'n opstand begin het. Hy was weg gesleep van die Tempel af met die bedoeling om hom dood te maak. Dit sou ook geslaag het as die soldate nie tussen beide getree het nie. Die soldate het hom gebind met kettings en kasteel toe geneem. Dit was die begin van Paulus se saak wat hy moes verdedig voor die massas, die weermag Kaptein en die Joodse raad. Hierdie geleenthede het hy ten volle gebruik om die evangelie van Jesus Christus te verkondig.

Gedurende die nag het Christus aan Paulus verskyn het hom bemoedig en verseker dat hy ook sy getuienis in Rome sal gaan gee. Gedurende daardie tyd het dit aan die lig gekom dat Paulus 'n Roomse burger is. Ook het 'n sameswering aan die lig gekom dat 40 Jode 'n eed geneem het om Paulus dood te maak. Hulle het gesweer om niks te eet voordat Paulus nie dood was nie. Die hoof

Kaptein het hom begelei met 200 soldate, 70 perde ruiters en 200 manne met spiese. Daarna is Paulus gebring na Caesarea en oorgegee aan die goewerneur Felix. Hier het Paulus die volgende twee jaar van sy lewe deur gebring. Die woord van die Here was egter nie gebonde nie. Gedurende hierdie tyd het hy met groot vrymoedigheid getuig teenoor twee Roomse goewerneurs, Felix en Festus en 'n Joodse koning, Agrippa. Die impak van sy woorde het van hulle laat bewe en baie naby laat kom aan die waarheid. Die tipiese aanklag teen hom vind ons in die volgende vers.

 

HANDELINGE 24:5-6.

“Want ons het gevind dat hierdie man ‘n pes is en ‘n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en ‘n voorman van die sekte van die Nasaréners, wat selfs probeer het om die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel;”

 

Die Joodse gesagdraers was woedende vir Paulus maar die aanklagte teen hom kon nie bewys word nie. Net toe dit lyk asof Paulus na Jerusalem gestuur sou word om as Roomse burger tereg te staan, het hy hom beroep om sy saak voor die Keiser van Rome te verdedig. Dit is toe gestaan. Vir baie jare wou Paulus die evangelie in Rome gaan verkondig. Dit was soos 'n pasie vir hom. Nou eindelik gaan dit gebeur. Die Skip waarop Paulus was het by verskeie hawens aangedoen waar Paulus bedien het. Op een geleentheid het hy hulle gewaarsku om nie te seil nie. Dit was 'n gevaarlike tyd van die jaar om te seil.

Die Kaptein van die wag, saam met die Skipper van die skip, het die waarskuwing egter geignoreer en wel geseil. Gedurende die reis het 'n wind genaamd “Euroclydon” teen hulle opgekom en die skip amper teen die rotse gedryf. Vir verskeie dae is hulle deur hierdie wind geteister.

Hulle kon geen son of sterre sien nie en dit het die moraal van die skeeps bemaning en passasiers tot 'n laagte punt gedryf. Na 'n tyd het Paulus opgestaan in hulle midde en gesê:

 

HANDELINGE 27:21-25.

“En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip. Want daar het in hierdie nag by my gestaan ‘n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar. Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.”

 

Hulle het op die eiland Malta gestrand. Al 276 persone op die skip het veilig op die strand aangekom. Die skip het vergaan. Op die eiland het Paulus wonderbaarlik ontkom van die byt van 'n giftige slang. Dit het die eiland bewoners laat glo dat hy 'n “god” is. Dit het gemaak dat hy ontvang was deur die opperhoof van die eiland. Daar het hy drie dae deurgebring en verskeie mense was genees en het die evangelie gehoor. Na drie maande op die eiland was hulle weer instaat om verder te gaan met 'n ander skip. In Rome is Paulus onder huis arres geplaas. Hy was daar in kettings en daar was 'n wag om hom op te pas. Na drie dae het hy versoek dat die hoof Jode hom kom besoek. Hy het met hulle vergadering in twee aparte ontmoetings. Gedurende hierdie vergaderings het hy aan hulle die evangelie aangaande Jesus Christus verkondig. Sommige het die boodskap aanvaar en ander nie.

Paulus het die volgende twee jaar in sy eie gehuurde huis gebly en die evangelie ongehinderd verkondig. Gedurende hierdie tyd het hy die briewe geskryf aan Filemon, Kollosense, Efesiers en Fillipense. Hy het daar die evangelie ongehinderd verkondig en vandag doen hy nog steeds dieselfde.

Van hier af moet ons staat maak op sy briewe en die geskiedenis om meer te weet van Paulus se laaste dae. Ons weet dat Paulus verwag het om vrygelaat te word. Dit was die jaar 63n.c. Net 'n jaar voor die vervolging deur Nero. Gedurende hierdie tyd het Paulus gereis na Spanje. Hy het ook gereis deur die hele Roomse Ryk. Volgens sommige kerk vaders het hy sover gereis as Britse Eilande met die evangelie. As dit akuraat is dan was Paulus die eerste pioneer wat die Britse Eilande bereik het met die evangelie. Hy het aangehou om saam met die jong evangeliste te reis deur Crete, Macedonia, Ephesus, Achaia, Nicopolis, Miletus, Corinth, Troas en laaste Rome. Hier is hy weer op 'n geweldadige wyse in hegtenis geneem.

In hierdie geval het hy meestal alleen gestaan. Verlaat deur sommige wat hy gereken het by hom sou staan. Daar het selfs gerugte tot hom gekom dat die hele Asie teen hom gedraai het as gevolg van valse predikers. Hierdie tyd het hy sy laaste briewe geskryf aan Titus en Timotheus.

Aangekla voor Nero het hy daar gestaan. Vreugde was duidelik sigbaar. Dit was duidelik dat hy nou gewag het vir sy oorplasing na daar waar sy verlosser Jesus Christus vir hom gewag het.

Paulus word skuldig bevind, maar as gevolg van sy Roomse burgerskap, word hy nie gemartel nie. Sy teregstelling word uitgestel tot die jaar 68n.c. Hy word geneem buite die stad op die pad na Ostia waar hy onthoof is.

Hy het geleef vir Christus en nou het hy gesterf vir Christus.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page