top of page

BILLY BRAY

“If I were to go down to hell I would shout, “Glory! Glory! Unto my blessed Jesus until I made the bottomless pit ring again, and that miserable Satan would say, 'Billy, Billy, this is no place for thee; get thee back'. Then up to Heaven I would go, shouting, “Glory, Glory, praise the Lord.”

 

Billy Bray is gebore in 'n rowe myndorp in Cornville, Engeland. Alhoewel sy ouers gered was, wou hy niks van God geweet het nie. Op die ouderdom van 17 loop hy weg van die huis en gaan na Devonshire. Daar het hy die lewe van 'n dronkaard gelei. Sy lewe was ver van God af, tog trou hy met 'n christelike meisie. Dit het egter nie sy sondige lewe gestop nie. Twee keer was hy amper dood. Eenkeer in 'n myn ongeluk en 'n tweede keer toe hy in sy dronkens 'n gesteelde perd probeer ry het.

Op 'n stadium het die boek “Visions of Heaven and Hell” van John Bunyan in sy hande beland. Onder oortuiging en baie depresief het hy een oggend om 3 uur by sy bed gekniel en sy lewe aan die Here gegee. Van daardie oomblik af was sy hele lewe verander. Die volgende betaal dag het hy nugter by die huis aangekom. Hy het elke week by die kroeg aan gegaan oppad huis toe, maar nie die slag nie. Van die oomblik wat hy sy hart vir die Here gegee het het hy nooit weer gerook of gedrink nie. Sy vriende het gereken dat hy binnekort sou terug keer na die ou weë, maar dit het nooit gebeur nie. Inteendeel, hy het 'n vurige sielewenner geword. Daar word gesê dat hy nooit iemand ontmoet het sonder om hom uit te vra oor sy siel nie. Baie gou het hy 'n gereelde prediker in daardie omgewing geword. Veral onder sy vorige vriende, die mynwerkers. Billy het 'n “shouting” Godsdiens gehad. Hy was lief om te sê;

“I lift up one foot and it says 'Glory!' and I lift up my other foot and it says 'Amen' and so they keep on like that all the time I am walking”.

Hy was baie keer gekritiseer vir sy ywer, maar sy liefde vir die Here was baie eg. Wanneer sy vrou gesterf het het hy gesing “Bless the Lord! My dear Joey is gone with the shinning angels!” Die grootheid van die Here het hom bly gemaak selfs tydens groot verdriet. Op sy sterfbed het hy die dokter gevra wat pas vir hom gesê het dat hy besig is om te sterf;

“When I get up there, shall I tell them you wil be coming too?”

Billy Bray sterf op die ouderdom van 74 terwyl hy die Here prys.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page