top of page

                           JOHN GIBSON PATON

 

                                   1824 – 1907

 

John Gibson Paton was 'n Presbeteriaanse sendeling. Gebore in Kirkmahoe ongeveer 14 km noord van Dumfries in Skotland, op 24 Mei 1824.

Hy het sy opleiding ondergaan by die Universiteit van Glasgow, die Gereformeerde Presbeteriaanse Kerk en by die Andersonian mediese universiteit, alles in Glasgow. Hy was 'n stads sendeling in Glasgow van 1847 tot 1857. Hy was gelisensieer op 1 Desember 1847 en georden 23 Maart 1858. Hy verlaat Glasgow met sy vrou Mary Ann Robson op 16 April. Van Melbourne af het hulle gereis tot Aneityum waar hulle aan gekom het op 30 Agustus. Hy begin sy werk op die eiland Tanna op 5 November 1858.

Op Tanna sterf sy vrou op 12 Februarie 1859. sy sterf tydens die geboorte van haar seun wat ook sterf. Die inboorlinge van die eiland was onbereikbaar en agresief en eindelik verlaat hy die eiland op 4 Februarie 1862. Hy begin toe sending reise vir die New Hebrides sending. Dit het hom bekend gemaak dwarsdeur die Engels sprekende wêreld. Hy het eerste na die Presbeteriaanse Kerke in Australië en New Zealand gegaan. In 1864 besoek hy Skotland en was daar gekies as moderator van die “Algemene Sinode” van die Gereformeerde Presbeteriaanse Kerk. Terselfdertyd het hy sewe sending stasies geplant vir die New Hebrides. Hy land in Sydney met sy tweede vrou, Margaret Whitecross op die 17de Januarie 1865. In November 1866 word hy 'n sendeling op die eiland Aniwa. Hy hou sy eerste nagmaal diens op 24 Oktober 1869 en eindelik sien hy die eiland bewoners word christene. In Maart 1873 besoek hy die Australië en New Zealand kerke om geld in te vorder. Hy keer terug na Aniwa die volgende jaar. In 1884 het hy gereis na Groot Britanje om geld in te samel. Vroeg die volgende jaar het hy terug gekeer met die nodige fondse. Na 'n kort besoek aan Aniwa het hy sy sending reise deur Australië weer op geneem. In 1886 word hy verkies as moderator van die Presbeteriaanse Kerk van Victoria en in 1892 het hy sy reise voort gesit deur Amerika en Kanada en regdeur die wêreld en terug na Victoria in 1894.

In 1897 het hy in Melbourne die Nuwe Testament in die Aniwan taal deur die drukpers gesit. In 1899 . In 1900 woon hy die “Ecumenical Sending Konferensie” by in New York. Hier was hy geloof as 'n groot sending hero. In 1901 is hy terug in Australië. By daardie tyd het sy gesondheid begin ingee. Sy vrou was ook nie baie gesond nie. Sy sterf op 16 Mei 1905.

Gibson Paton was 'n man van skilderagtige voorkoms en het sy getuienis met groot krag uitgedra. Hy het homself beskou as 'n

"a Presbyterian Evangelical Calvinist of the old Covenanter Reformed Church of Scotland."

​

Hy het verskeie traktate geskryf oor sending onderwerpe en het ook die onheile van die “Kanaka labor traffic” ontbloot. Hy het ook die “French annexation van die New Hebrides” tee gestaan. Die boek egter wat hom beroemd gemaak het was sy outobiografie. Die verkope van die boek was geweldig. Die literere inhoud van die boek is gedoen deur sy broer Ds. James Paton D.D. Wat gesterf het in Glasgow op 21 Desember 1906.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page