top of page

                          Lewi Pethrus 1884-1974

lewi Pethrus is gebore in Swede en was die seun van 'n fabrieks werker. Hy het op gegroei in 'n Baptiste kerk waar in 'n tyd waar daar verskeie groepe was wat gebid het vir herleweing. Hy het 'n Evangelis geword in 1902 en het Bethel Kweekskool in Stockholm bygewoon in 1905. Pethrus het 'n geweldige innerlike ondervinding gehad na die lees van 'n boek van A.J.Gordon. Van daardie oomblik af het hy 'n geweldige dors na die doping van die Heilige Gees gehad. Hy se in sy eie woorde;

 

“There were thousands of others (in Sweden) at the same time crying to God, ‘Give us revival and fill us with the Holy Spirit.”

 

In Januarie 1907 lees hy in koerant berig van T.B.Barratt wat die ondervinding van die doping van die Heilige Gees sprekend in vreemde tale gehad het in Noorweë.

Hy het onmiddelik vertrek na Oslo. Hy was kort daarna gedoop met die Heilige Gees. Hy het 'n Pinkster Christen geword deur ondervinding. Op daardie staduim was hy die Pastoor van die Baptiste Kerk in Lidkoping tussen 1906-1911. Sy hele gemeente het ook die ondervinding van die doping in die Heilige Gees aanvaar. So ook verskeie ander gemeentes in Sweden. Op die 30ste Augustus 1910, 'n nuwe Bapiste kerk in Filadelfia in Stockholm was gestig. Op 11de Januarie 1911, Pethrus was beroep na hierdie gemeente toe. In April 1913 het die Sweedse Baptiste Konfensie vir Pethrus geskors asook die nuwe gemeente. Die rede wat gegee was , was oor hulle “oop beleid” dat almal welkom was. Die werklike rede was egter oor die doping van die Heilige Gees en daardie spesifieke lering. Nie teenstaande het Pethrus altyd sy Baptiste agtergrond gerespekteer.

Die seëninge van God was op die lewe van Lewi Pethrus en duisende het by sy gemeente aangesluit. Die tyd toe hy die bediening aanvaar het by die gemeente in Filadelfia was daar 70 lede. Binne 'n jaar was die lede tal 244. Die volgende jaar was dit 438 en teen 1918 was dit 1411. Teen 1926 was dit 3176 en teen 1938 was dit 5887.

Sy uitstaande kenmerke was dat hy 'n baie aangename en uitgaande persoonlikheid gehad het. Daar is baie keer verwys na sy persoonlikheid as “'n minsame gees”. Verder was hy 'n baie goeie beplaner. Sy skerp verstand en sterk leierskap styl het 'n sterk ruggraat verskaf aan die Pinkster beweging dwarsdeur Scandinavia. Hy het sy gemeente gebou sodat dit die grootste Pinkster gemeente was in die Pinkster wêreld tot 1975. Die Pinkster beweging het die grootste vrye kerk in Swede geword. Sy “holistiese” visioen vir die christelike lewe en waardigheid asook realiteit van sy verwagtings van die geestelike lewe het veroorsak dat hy gehore regdeur Europa, Noord Amerika en die derde wêreld kon toespreek.

Hy het aan die Pinkster wêreld gedemonstreer dat die beweging nie eenkant staan van die nationale kultuur nie. Dit is deel daarvan. Hy was duidelik gesien as 'n Pinkster staatsman. Nie alleen in sy nasie nie, maar wêreld wyd.

Hy was die Pastoor n Filadelfia, Stockholm, tot en met sy aftrede in 1958. Hy het egter aktief gebly in die diens van Christus tot met sy dood in 1974.

THESE BOOKS ARE OFFERED ABSOLUTELY FREE OF CHARGE.
HOWEVER, IF YOU ARE LEADED BY THE LORD TO DONATE
YOU ARE WELCOME TO GIVE THE WORK.

CAPITEC BANK. REC.1374124549

THANK YOU SO MUCH FOR ALL THE CONTRIBUTIONS. WE ALREADY HAVE MORE THAN 15000 BOOKS FOR FREE
ISSUED. WOULD LIKE TO PUT THE BOOKS ON SHOP SHELVES LATER, BUT THAT'S IT
AN EXPENSIVE STORY. THANKS AGAIN FOR EVERYONE'S CONTRIBUTIONS.

HIERDIE BOEKE WORD ABSOLUUR GRATIS AANGEBIED.
AS U EGTER GELEI WORD DEUR DIE HERE OM N DONASIE
VIR DIE WERK TE GEE IS U WELKOM.

CAPITEC BANK. REK.1374124549

BAIE DANKIE VIR AL DIE BYDRAES. ONS HET AL MEER AS 15000 BOEKE GRATIS
UITGEGEE. WIL GRAAG LATER DIE BOEKE OOK OP WINKEL RAKKE PLAAS, MAAR DIT IS 
'N DUUR STORIE. NOGMAALS BAIE DANKIE VIR ALMAL SE BYDRAES.

 

bottom of page